Fokofpolisiekar
Selfoontoring van Babel
Dis 'n teer saak dié
Laat ons die pad vat
Ek is oppervlak
Krap diep
En jy sal draadwerk en waansin in my sien

Robot god spinnekop
Lê eiers in my mond
Ons bewe in sy teenwoordigheid
Dit vas in sy spinnerak

Biologiese rekenaar
Kopieë van mekaar
Gebreekte antenna
Ons sukkel om te kommunikeer met mekaar

Ons kruisig die wyse
En wys na die kruise
Daar's bewyse van ons menslikheid
Sal vir jou die data myn
En hou soos 'n geheim

Robot god spinnekop
Lê eiers in my mond
Ons bewe in sy teenwoordigheid
Dit vas in sy spinnerak
Biologiese rekenaar
Kopieë van mekaar
Gebreekte antenna
Ons sukkel om te kommunikeer met mekaar

Biologiese rekenaar
Kopieë van mekaar
Gebreekte antenna
Sukkel om te kommunikeer met mekaar
Sukkel om te kommunikeer met mekaar
Sukkel om te kommunikeer met mekaar