Genius Translations
Taylor Swift - I Bet You Think About Me (Taylor’s Version) (From the Vault) [Afrikaanse Vertaling]
[Vers 1: Taylor Swift]
3 vm en ek is nogsteeds wakker, ek sal wed dat dit goed gaan met jou
Vas aan die slaap in jou stad wat beter is as myne
En die meisie in jou bed het 'n fyn stamboom
En ek sal wed dat jou vriende vir jou sê sy is beter as ek, nè

[Vers 2: Taylor Swift]
Wel, ek het probeer om in te pas by jou bo-kors sirkels
Ja, hulle het my in laat sit terug toe ons verlief was
Oh, hulle sit rond en praat oor die sin van die lewe
En die boek wat hulle pas gered het waarvan ek nog nie gehoor het nie

[Koor: Taylor Swift & Chris Stapleton, Taylor Swift]
Maar noudat ons klaar is en dit verby is
Ek wed dat jy nie kon glo nie
Toe jy besef het ek is moeiliker om te vergeet as wat ek was om te verlaat
En ek wed dat jy aan my dink

[Vers 3: Taylor Swift]
Jy het grootgeword in 'n silwerlepel-omheinde gemeenskap
Glansryke, blink, helder Beverly Hills
Ek is op 'n plaas grootgegemaak, nee, dit was nie 'n herehuis nie
Net sitkamer dans en kombuis tafel rekeninge

[Vers 4: Taylor Swift & Chris Stapleton]
Maar jy weet wat hulle sê, jy kan nie help vir wie jy val nie
En ek en jy het geval soos 'n vroeë lente sneeu
Maar die werklikheid het ingesluip, jy het gesê ons verskil te veel
Jy het vir my drome gelag, jou oë gerol vir my grappies
[Koor: Taylor Swift & Chris Stapleton, Taylor Swift]
Mnr. Beter Denke
Het jy al die spasie wat jy nodig het?
Ek hoef nie jou terapeut te wees om te weet dat jy nooit gelukkig sal wees nie
En ek wed dat jy aan my dink

[Na-koor: Taylor Swift, Taylor Swift & Chris Stapleton]
Ek wed dat jy aan my dink, ja
Ek wed dat jy aan my dink

[Brug: Taylor Swift & Chris Stapleton, Taylor Swift]
Oh, blok dit alles uit
Die stemme so hard, wat sê
"Hoekom het jy haar laat gaan?"
Maak dit jou hartseer voel?
Dat die liefde waarna jy soek
Die liefde wat jy gehad het is?

[Vers 5: Taylor Swift]
Nou is jy in die wêreld, op soek na jou siel
Bang om nie hip te wees nie, bang om oud te word
Jaag opgemaakte status na, die laaste keer dat jy vry gevoel het
Was toe nie een van daai kak saak gemaak het want jy was saam my

[Koor: Taylor Swift & Chris Stapleton, Taylor Swift]
Maar noudat ons klaar is en dit verby is
Ek wed dat dit moeilik is om te glo
Maar dit blyk dat ek moeiliker is om te vergeet as wat ek was om te vertrek
En ja, ek wed dat jy aan my dink
[Na-koor: Taylor Swift, Taylor Swift & Chris Stapleton]
Ek wed dat jy aan my dink, ja
Ek wed dat jy aan my dink

[Slot: Taylor Swift, Taylor Swift & Chris Stapleton]
Ek wed dat jy aan my dink as jy uit is
By jou cool indie musiekkonserte elke week
Ek wed dat jy aan my dink in jou huis
Met jou organiese skoene en jou miljoen-dollar rusbank
Ek wed dat jy aan my dink as jy sê
"Oh my god, sy is kranksinnig, sy het 'n liedjie oor my geskryf"
Ek wed dat jy aan my dink