Genius Translations
Taylor Swift - Ronan (Taylor’s Version) [Afrikaanse Vertaling]
[Vers 1]
Ek onthou jou kaal voete in die gang af
Ek onthou jou klein laggie
Resieskarre op die kombuisvloer, plastiek dinosourusse
Ek is lief vir jou maan toe en terug
Ek onthou hoe jou blou oë in myne gekyk het
Asof ons ons eie geheime klub gehad het
Ek onthou hoe jy voor slaaptyd gedans het
Dan op my gespring het en my wakker gemaak het
Ek kan nog voel hoe jy my hand vashou, klein mannetjie
En selfs diе oomblik toe ek geweet hеt
Jy het dit hard geveg soos 'n army ou
Onthou ek het ingeleun en vir jou gefluister

[Koor]
"Komaan, baba, saam met my
Ons gaan van hier af wegvlieg
Jy was my beste vier jaar"

[Vers 2]
Ek onthou die rit huis toe, toe die blinde hoop
Verander het na huil en skree: "Hoekom?"
Blomme hoop op die ergste manier, niemand weet wat om te sê
Oor 'n pragtige seun wat gesterf het nie
En dit is oppad om Halloween te wees, jy kon enigiets wees
Wat jy wou as jy nog hier was
Ek onthou die laaste dag, toe ek jou gesig gesoen het
En in jou oor gefluister het
[Koor]
"Komaan, baba, saam met my
Ons gaan van hier af wegvlieg
Uit hierdie gordynkamer en hierdie hospitaal grys
Ons sal net verdwyn
Komaan, baba, saam met my
Ons gaan van hier af wegvlieg
Jy was my beste vier jaar."

[Brug]
Wat as ek in jou kas staan en met jou probeer praat?
En wat as ek die tweedehandse klere hou waarin jy nooit sal groei nie?
En wat as ek regtig gedink het dat een of ander wonderwerk ons sou deurdra?
Wat as die wonderwerk was om selfs net een oomblik saam jou te kry?

[Koor]
Komaan, baba, saam met my
Ons gaan van hier af wegvlieg
Komaan, baba, saam met my
Ons gaan van hier af wegvlieg
Jy was my beste vier jaar

[Slot]
Ek onthou jou kaal voete in die gang af
Ek is lief vir jou maan toe en terug