Genius Translations
Taylor Swift - The Best Day (Taylor’s Version) [Afrikaanse Vertaling]
[Vers 1]
Ek is vyf jaar oud, dit word koud, ek het my groot jas aan
Ek hoor jou lag en kyk glimlaggend op na jou, ek hardloop en hardloop
Verby die pampoen veld en die trekkerritte
Kyk nou, die lug is goud
Ek omhels jou bene en raak aan die slaap oppad huis toe

[Koor]
Ek weet nie hoekom al die bome in die herfs verander nie
Maar ek weet jy's glad nie bang vir enigiets nie
Weet nie of Sneeuwitjie se huis naby of ver is nie
Maar ek weet еk het vandag die bestе dag saam met jou gehad

[Vers 2]
Ek's nou dertien en weet nie hoe my vriende so ongeskuk kan wees nie
Ek kom huilend huis toe en jy hou my styf vas en gryp die sleutels
En ons ry en ry tot ons 'n dorp ver genoeg weg kry
En ons praat en kyk rond totdat ek al hul name vergeet het

[Koor]
Ek weet nie met wie ek nou by die skool gaan praat nie
Maar ek weet ek lag op die motorrit saam met jou huis toe
Weet nie hoe lank dit gaan neem om oukei te voel nie
Maar ek weet ek het vandag die beste dag saam met jou gehad

[Brug]
Ek het 'n uitstekende pa
Sy krag maak my sterker
God glimlag op my klein boetie
Binne en buite is hy beter as ek
Ek het in 'n mooi huis grootgeword en ek het spasie gehad om te hardloop en ek
Het die beste dae saam met jou gehad
[Vers 3]
Daar is 'n video wat ek van lank terug gekry het, toe ek drie was
Jy het 'n verfstel in die kombuis opgestel en jy praat met my
Dis die ouderdom van prinsesse en seerowerskepe en die sewe dwergies
Pappa is slim en jy is die mooiste dame in die hele wye wêreld

[Koor]
Nou weet ek hoekom al die bome in die herfs verander
Ek weet jy was aan my kant selfs toe ek verkeerd was
En ek het jou lief omdat jy my jou oë gegee het
Dat jy teruggestaan en kyk hoe ek skyn
En ek het nie geweet of jy weet nie
So ek vat hierdie kans om te sê
Dat ek vandag die beste dag saam met jou gehad het