Genius Translations
Taylor Swift - Fifteen (Taylor’s Version) [Afrikaanse Vertaling]
[Vers 1]
Jy asem diep in soos jy deur die deure loop
Dis die oggend van jou heel eerste dag
Jy sê hallo vir jou vriende wat jy lanklaas gesien het
Probeer om uit almal se pad te bly
Dis jou eerste jaar en jy gaan hier wees
Vir die volgende vier jaar in die dorp
Jy hoop dat een van daai matriek seuns vir jou sal oogknip en sê
"Jy weet ek het jou nog nie hier gesien nie"

[Koor]
Want wanneer jy vyftien is en iemand sê vir jou hulle is lief vir jou
Gaan jy hulle glo
En wanneer jy vyftien is, voel jy asof daar niks is om uit tе vind
Wel, tel tot tien, neem dit in
Diе is lewe voor jy weet wie jy gaan wees
Op vyftien

[Vers 2]
Jy sit in klas lanks 'n rooikop met die naam Abigail
En kort voor lank is julle beste vriende
Julle lag vir die ander meisies wat dink hulle is so cool
Ons gaan hier weg wees so gou as ons kan
En dan's jy op jou heel eerste date en hy het 'n kar
En jy voel asof jy vlieg
En jou ma wag op en jy dink hy's die een
En jy dans in jou kamer wanneer die aand eindig
Wanneer die aand eindig
[Koor]
Want wanneer jy vyftien is en iemand sê vir jou hulle is lief vir jou
Gaan jy hulle glo
En wanneer jy vyftien is en jou eerste soen
Maak jou kop ronddraai, wel
In jou lewe gaan jy groter goed doen
As om met 'n seun op die sokker span uit te gaan
Ek het dit op vyftien nie geweet nie

[Brug]
Toe al wat jou wou hê, was gewees om gesoek te word
Wens jy kon teruggaan en jouself sê wat jy nou weet
Daai tyd het ek gesweer ek gaan eendag met hom trou
Maar ek het agtergekom ek het groter drome gehad
En Abigail het als wat sy gehad het vir 'n ou gegee
Wat sy plan verander het
En ons altwee het gehuil

[Koor]
Want wanneer jy vyftien is en iemand sê vir jou hulle is lief vir jou
Gaan jy hulle glo
En wanneer jy vyftien is, moenie vergeet om te kyk voor jy val
Maar ek het gevind, tyd kan amper enigeiets genees
En jy kan dalk vind wie jy veronderstel is om te wees
Ek het nie geweet wie ek veronderstel is om te wees
Op vyftien
[Na-Koor]
La-la-la, la-la-la, la-la-la-la
La-la-la, la-la-la, la-la-la-la
La-la-la, la-la-la

[Slot]
Jou heel eerste dag
Asem diep in, girl
Asem diep in soos jy deur die deure loop